Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Finesse

Finesse is ons jaarlikse ma-en-dogter spoggeleentheid. Bekende gaskunstenaars en –sprekers sorg vir kwaliteit vermaak en pitkos terwyl gasvrouens uithaal met geurige eetgoed en stylvolle tafels.

Ons graad 12-leerlinge kry ook weer die geleenheid om met hulle matriekrokke te spog. Dames , oud en jonk, word uitgenooi om hierdie jaar se Finesse geleentheid, die eerste Vrydag van die vierde kwartaal, saam met ons te vier.