Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Hoekom Vossies?

Jou keuse van Hoërskool speel ‘n baie belangrike rol in hoe jou toekoms daarna uitsien.

Jy moet seker wees dat jou keuse van skool jou die beste en die regte tipe toerusting gee om jou te bemagtig om jou toekomsdrome te verwensenlik. Jy moet ook eendag met trots op jou CV kan skryf  dat jy aan ‘n kwaliteit en gerekende  hoërskool gematrikuleer het.

Die Hoërskool Ben Vorster  se akademiese, sport en kultuur prestasies spreek vanself. Ons kan onomwonde sê dat ons alles wat ons aanpak met volle toewyding doen. Jy kan daarom verseker wees dat jy kwaliteit opleiding, afrigting en ondersteuning  sal kry, alles om jou te help om jou talente optimaal te ontwikkel.

Vir die Vossies wat van naburige dorpe kom, bied ons koshuisverblyf aan. Ons koshuisma en –pa en hulle ondersteuningspersoneel sorg vir ‘n huislike atmosfeer waar daar werklik omgegee word vir elke kind. Met toegang tot gratis internet, ruim studietyd en die beskikbaarheid van inbly-onderwysers vaar ons koshuiskinders altyd uitstekend op akademiese gebied. Die gerief van om op die skoolterrein te bly, moet ook nie onderskat word wanneer dit by buitemuurse-aktiwiteite kom nie en dan praat ons nie eers van die lekker om heeldag saam met jou vriende te kan wees nie!

Neem ‘n ingeligte besluit vir jou toekoms!