Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Hokkie

Ons agt meisieshokkiespanne en vier seunshokkiespanne kompeteer in die Noord-Vaal liga waar hulle elke jaar uitstekende resultate behaal.  Die spanne toer  ook elke Paasvakansie om teen van die land se top hokkie skole mee te ding. Die skole hokkieseisoen strek van Maart tot Augustus. Op individuele vlak presteer ons spelers op provinsiale vlak met ‘n groot aantal spelers wat elke jaar in Limpopo spanne opgeneem word.

 

Fasiliteite

‘n Opwarmingsveld, ASTRO en 1 gras hokkieveld asook 'n mini binnenshuise hokkiebaan.

 

Afrigters

Meeste van ons afrigters is gegradueerde skeidsregters en al ons afrigters voltooi elke jaar afrigtingskursusse.

 

Organiseerder

 Elrisa Oosthuizen
0834274737
elrisa.oosthuizen2@gmail.com

 Nuus:

 Die O/15-Vossie dogterhokkiespan is Champ of Champs in Limpopo!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 27 Julie, het twee van Die Hoërskool Ben Vorster se dogtershokkiespanne (O/14 en O/15) aan die “Champ of Champs” wedstryde in Polokwane gaan deelneem en uitstekend gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster Dogters Hokkie Limpopo Semi en Finale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Al vyf dogterhokkiespanne van Die Hoërskool Ben Vorster het deurgedring na die Limpopo semifinale, wat op Vrydag, 19 Julie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie wen 4 uit 5 wedstryde teen Stanford

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Maandag, 20 Mei 2019, het die twee eerste spanne en die O/15A-seunspan hul ligawedstryde teen Stanford gaan speel. [ Lees meer . . . ]

 Liam presteer!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Liam Meintjes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is in die O/18A-IPT- hokkiespan, wat gedurende die Junie vakansie in Pietermaritzburg gaan deelneem, opgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie meet kragte teen by Kempton Park

 21 May 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 18 Mei 2019, het die Vossies - dou voor dag die lang pad aangevat Kempton Park toe. Die Vossies het twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo hokkie het hul A- en B-spanne aangekondig

 14 May 2019 @ 00:00:00

Baie geluk aan die volgende Vossie dogters wat in die onderskeie spanne opgeneem is om hul provinsie te gaan verteenwoordig gedurende die Junie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 10 Vossie seunshokkiespelers in Limpopo spanne opgeneem

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op die volgende seunshokkiespelers wat in onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is om hul provinsie te verteenwoordig tydens toernooie in die Junie /Julie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 2019-Nedstar Hokkiekliniek

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die eerste spanne van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die vakansie (20 - 23 Maart 2019) aan die Nedstarhokkiekliniek in Pretoria deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skiet die doele in!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het die Vossies vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Lydenburg op die astrobaan gespeel. Dit was ‘n baie suksesvolle dag vir die Vossies gewees. [ Lees meer . . . ]