Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Koshuise

Ons koshuise bied aan leeders wat buite Tzaneen bly die geleentheid om deel van die Vossie-familie te wees.
Vyfster seunskoshuis en Toekie Vorster dameskoshuis is op die skoolterrein geleë. Inwoners word in ruim
kamers gehuisves en kry smaalklike etes wat sorg dat hulle nie te veel na hulle ma se kos hoef te verlang nie.
Personeel wat in die koshuis bly is 24-uur beskikbaar en hou ‘n wakende ogie oor studies en die algemene
welsyn van die seuns en meisies in hulle sorg.

Die koshuise is slegs oop tydens die week maar indien sport oor ‘n naweek plaasvind kan individue
'n reeling tref vir naweek verblyf. Busvervoer vanaf naburig dorpe is beskikbaar.

 

 

Bankbesonderhede

Hoërskool Ben Vorster
Absa Tzaneen
0103 1100 450

Betalings kan ook by die skool se finansiële department (Die Munt) gedoen word.