Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Krieket

Die Hoërskool Ben Vorster het vyf krieketspanne: O/15A en B, 1ste, 2de en ‘n O/18-dogterspan.

Die seuns 1ste en O/15A-spanne neem elke jaar in Januarie en Februarie aan die Finsbury liga deel. Dertig skole neem aan hierdie liga deel en skole vanuit Pretoria, die Oos-Rand  en Rustenburg word verteenwoordig.

In die derde kwartaal neem al ons spanne deel aan die skole liga. Die 1ste span en O/15A kwalifiseer vir die Platinum liga, die 2de- en O/15B-span neem in die A-liga deel en ons dogterspan in die B-liga.

Ons skryf ook elke jaar in vir die nasionale skole T20-liga wat in die vierde kwartaal afskop.

Krieketspelers kan verder uitsien na die jaarlikse vriendskaplike kriekettoernooi wat in die Julie skoolvakansie by die skool aangebied word. Die toernooi strek oor vyf dae en sestien spanne, van so vêr as Gauteng, neem deel.

Voorts het krieketspelers toegang tot privaat krieketafrigting op die skoolgronde dwarsdeur die jaar.

Ons is baie trots op die prestasies van ons krieketspelers. Elke jaar het ons spelers wat opgeneem word in die Limpopo skolespanne en talle oud-Vossies speel vir hulle provinsies krieket. Die bekendste oud-Vossie krieketspeler is seker Marcel de Lange, wat vir die Proteas speel.

 

Fasiliteite

'n Krieketveld, twee binnenshuise oefennette, vier  gras oefennette en vier turf oefennette.
‘n Buitemuurse krieketakademie verskaf krieketafrigting dwarsdeur die jaar.

 

Organiseerder

Rynier de Jager
079 883 5655

 

 Nuus:

 Nasionale Coca-Cola T20-krieket

 20 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 13 Februarie, het Die Hoërskool se 1ste krieketspan teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa in hul laaste Nasionale Coca-Cola T20-rondomtalie westryd in Limpopo Noord streek te staan gekom en die Vossies het oortuigend met nege paaltjies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Hoërskool Ben Vorster @ Hoërskool Merensky op krieketveld!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 2 Februarie het die Vossies se Black Caps (1ste span) vas geval in die plaas se modder! Die Vossies het hul wedstryd ongelukkig teen Merensky met 2 paaltjies verloor, maar die Vossies se O/15-span het geseëvier en het Merensky oortuigend met 77 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies wen Finsbury liga-krieketwedstryd!

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie, het Ben Vorster se Black Caps (1ste span) tuis teen Hoërskool Lichtenburg kragte gemeet. Die DLS was die Vossies egter goedgesind en die Black Caps het die wedstryd met 5 paaltjies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster krieket liga seisoen begin op hoë noot

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het die afgelope naweek, 11 Augustus 2018, teen Hoërskool Phalaborwa in ‘n ligawedstryd gespeel en met 60 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Vossie spelers vereer!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Johan Harms is Vrydagaand, 25 Mei 2018 tydens Limpopo Krieket Unie se jaarlikse prysuitdeling aangewys as Limpopo se O/15 krieketspeler van die jaar. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster bó na naelbytstryd @ Merensky!

 19 Feb 2018 @ 09:52:39

In ‘n naelbyt stryd het die eerste krieketspan van die Hoërskool Ben Vorster sy buurman, Hoërskool Merensky, Saterdag, 17 Februarie 2018, met drie paaltjies geklop in beide spanne se laaste wedstryde in die Finsbury-kompetisie. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster spog met 2018-Limpopo Skole T20-kampioene!

 12 Feb 2018 @ 12:37:30

Op Vrydag, 9 Februarie, het die Vossies in die semi-finaal teen Mitchell House gespeel en het hul met 182 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies wen nóg ‘n Finsbury-wedstryd!

 12 Feb 2018 @ 12:26:21

Die Vossies se 1ste span - die “Black Caps” - het op Saterdag, 10 Februarie, op tuisbodem teen die Hoërskool Eldoraigne gespeel. Die Vossies het die wedstryd oortuigend gewen. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies neem teen Hoërskool Lichtenburg deel tydens die Finsbury-kriekettoernooi

 05 Feb 2018 @ 08:55:18

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15-krieketspan het tuis teen Hoërskool Lichtenburg deelgeneem en met 32 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies neem teen Hoërskool Noordheuwel deel tydens die Finsbury-kriekettoernooi!

 23 Jan 2018 @ 10:16:20

Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het tuis teen Hoërskool Noordheuwel deelgeneem. Noordheuwel het eerste gekolf. Die wedstryd het op ‘n snikhete Saterdag, 20 Januarie 2018 plaasgevind. [ Lees meer . . . ]