Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Landloop

Ons langasems oefen hard en word by die dag fikser saam met ‘n voormalige landloop atleet. Die landloopseisoen is vanaf April tot September wanneer atlete wat vir die SA’s  en Limpopo kampioenskappe wil kwalifiseer aan ten minste vier van ses byeenkomste moet deelneem. Elke jaar neem ons deel aan die landloop interhoërbyeenkoms.

 

Affiliasies

Atletiek Suid-Afrika

 

Fasiliteite

2km landloop roete op die skoolterrein.

 

Organiseerder

Ankia Botha
083 252 4864

 Nuus:

 Vossies 2de by Interhoër landloopbyeenkoms 2018

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se langasem-atlete het op Woensdag, 15 Augustus, aan die landloop interhoër 2018 te Polokwane gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Brons vir Vossies se interhoër landloopspanne!

 22 Aug 2017 @ 10:31:35

Die Hoërskool Ben Vorster se langasem landloop-atlete het twee bronsmedaljes tydens die Interhoër Landloopbyeenkoms wat op 14 Augustus gehou, losgehardloop. Hierdie jaar se gasheerskool was Hoërskool Louis Trichardt. [ Lees meer . . . ]

 Silwer vir Vossie-landlopers!

 15 May 2017 @ 10:17:08

Die Vossie-landlopers het Saterdag, 13 Mei, die koue in Polokwane getrotseer om aan ‘n Liga 2-byeenkoms, te Hoërskool Tom Naudé, deel te neem. [ Lees meer . . . ]

 2de plek vir Vossies se landloopspan!

 22 Aug 2016 @ 08:54:56

Die Hoërskool Ben Vorster se junior en senior seuns- en meisieslandloopspanne het op 17 Augustus aan die Interhoër landloopkompetisie te die Hoërskool Tom Naudé deelgeneem. Die senior meisiespan het die beste gevaar deur algeheel 2de, na die span van Pietersburg Hoërskool, te eindig. [ Lees meer . . . ]

 Landloop te Lebowakgomo

 14 May 2016 @ 22:08:05

Lara Schutte behaal ‘n 3de plek behaal en afrigter, me. Ankia Botha, ‘n 2de plek tydens die landloopbyeenkoms te Lebowakgomo. [ Lees meer . . . ]