Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Mnr. en Mej. Vossie

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in Vossieland?

Mnr en Mej Vossie is een van die prestige geleenthede op die Hoërskool Ben Vorster se kalender.  Slegs graad 11-leerders mag deelneem aan hierdie geleentheid.  Tydens uitdunne word daar slegs 10 seuns en 10 dogters gekies om aan die gala-aand deel te neem.  Onafhanklike beoordelaars word deurgaans gebruik – by die uitdunne, sowel as by die gala-aand.  

 Nuus:

 Mnr en Mej Vossie 2018 aangewys

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het op 6 September hulle jaarlikse glansaand, waar mnr. en mej. Vossie vir 2018 aangewys word, gehou. HANCO – oud-Vossie, het ons vermaak op die rooi tapyt van Hollywood! [ Lees meer . . . ]

 Mnr. en mej. Vossie aangewys 2016!

 19 Sep 2016 @ 11:44:55

Die jaarlikse mnr. en mej Vossie het op Woensdag, 7 September 2016 te die Hoërskool Ben Vorster plaasgevind dit was ‘n spoggeleentheid wat getuig het van swier en goeie smaak. [ Lees meer . . . ]

 Vossies maak kinderharte bly!

 15 Aug 2016 @ 14:11:54

Die mnr. en mej. Vossie finaliste van die Hoërskool Ben Vorster het op 9 Augustus by die Noah’s Ark kinderhuis ‘n besoek gaan aflê. Die finaliste het geld vir doeke ingesamel wat hulle tydens hulle besoek oorhandig het. Hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om by die kinders te kuier. Tussen vele speletjies, gelag en opgewonde gesiggies deur, is daar wors gebraai en lekker geëet. [ Lees meer . . . ]