Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Netbal

Netbal is een van Hoërskool Ben Vorster se gewildste sportsoorte en het tans nege spanne.  Bo-en behalwe die skole-liga ding ons ook mee aan die Wildeklawer, Classic Clashes en Coke toernooie. Jaarliks lewer die skool ‘n goeie kwota provinsiale spelers op wat aan die SA-Kampioenskappe deelneem.

 

Fasiliteite

Ses netbalbane.

 

Afrigters

Ons netbalorganiseerder en hoofafrigter is die enigste gekwalifiseerde opleidingsbeampte wat aangestel deur SASCOC aangestel is om afrigters in Limpopo te akrediteer. Sy is ‘n SA skeidsregter, nasionale keurder en Level 2 afrigter.
In totaal beskik die Hoërskool Ben Vorster oor vier Level 2 afrigters en drie SA skeidsregters.

 

Organiseerder

Charmaine Beetge
079 885 5416
tznnetbalakademie@gmail.com

 Nuus:

 Agt Vossie netbalspelers in 2020 “high performance” Limpopo oefenspan

 24 Oct 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 12 Oktober 2019, het die 2020 Limpopo “high performance” proewe plaasgevind. Ons is trots om te kan sê dat agt van Die Hoërskool Ben Vorster in die Limpopo “high performance” O/15- en O/16-oefenspanne opgeneem is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbalspan 7de in Suid-Afrika

 08 Oct 2019 @ 00:00:00

Die O/15-netbalspan het tydens die skoolvakansie aan die Top Skole Fast 5-netbaltoernooi te Boksburg, van 22-25 September, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal wys hul staal tydens die Fast 5-netbaltoernooi

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Die O/15- en O/17-netbalspanne van Die Hoërskool Ben Vorster het die naweek van 6 en 7 September aan die Hoërskool Oos-Moot se Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem in Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies se O/15-netbalspan is as Limpopo Fast 5-Kampioene gekroon

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17-spanne het die afgelope naweek aan die Fast 5-Limpopo Kampioenskappe in Polokwane deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal kompeteer by Top skole

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die 1ste en O/16-span van Die Hoërskool Ben Vorster het vanaf 18-21 Julie aan die Top skole netbaltoernooi in Boksburg gaan deelneem waar hul teen die wenners en naaswenners van elke provinsie in die land meegeding het. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo Netbalkampioenskappe

 05 Jun 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste-, O/16- en O/14-netbalspanne het die afgelope naweek aan die Limpopo Netbalkampioenskappe by PHS deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Rooimasjien se netbalmeisies kook!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Dinsdag, 21 Mei 2019, het Die Hoërskool Ben Vorster se netbal ligawedstryde teen Merensky plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies wen sewe uit agt wedstryde in die eerste netbal ligawedstryde

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op 25 April 2019 Hoërskool Frans du Toit verwelkom vir hul eerste ligawedstryde van die seisoen. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied ‘n uiters suksesvolle Laerskole netbaltoernooi aan

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Dit was vir Die Hoërskool Ben Vorster ‘n groot voorreg om die 13 deelnemende skole – Laerskool Tzaneen, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Messina, Curro Heuwelkruin, Laerskool Lydenburg, Laerskool Krugerpark, Laerskool Drakensig, Laerskool Duiwelskloof, Unicorn Primary, Laerskool Mariepskop, Laerskool Phalaborwa Noord, Laerskool Dr. Annecke en Laerskool Pietersburg Noord - op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 Maart 2019, te ontvang. [ Lees meer . . . ]