Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Rugby

Die Hoërskool Ben Vorster is die nommer een keuse in Limpopo vir rugbyspelers wat ernstig is oor rugby.

Die skool het twee vyftiental rugbyspanne vir elke ouderdomsgroep en drie  oop spanne.

Ons het ook drie spanne: O/15, O/16 en O/17, wat jaarliks aan die skole 7’s toernooi deelneem.  

Ben Vorster doen moeite om te verseker dat ons rugbyspanne kragte meet teen die land se top rugbyskole. Van die toernooie waaraan ons deelneem, is die K2 Prestige toernooi, die KES-rugbytoernooi en die Mauritz Hansen Hoërskole rugbyweek.

Tussen 2005 en 2015 het die Hoërskool Ben Vorster se rugbyspanne 10 van die 14 Beeldtrofeë finale waarin hulle gespeel het, gewen en op provinsiale vlak kraai hulle koning met 52 Limpopo-liga oorwinnings.

Die skool is veral trots op sy bydrae tot die transformasie  van rugby en lewer gereeld top spelers van kleur op. Die bekendste oud-Vossie in rugby kringe is sekerlik  die springbok, Trevor Nyakane.

 

Afrigters

Ons afrigters is gekwalifiseerde World Rugby afrigters

 

Affiliasies

Blou Bulle rugby unie

 

Organiseerder

Peter Schutte
071 889 9733
rugby@benvorster.co.za

Kliek die onderstaande skakel vir 'n video van die 0/16-rugbyweek!

Ben Vorster vs Driehoek 2015!

https://www.youtube.com/watch?v=lRDCzMaluNc

 Nuus:

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]

 Franco Broodryk aangewys as kaptein van rugbyspan!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Gedurende die Maart vakansie het die Hoërskool Ben Vorster se Inyathi’s (2de span) deelgeneem aan ‘n rugbytoernooi te Grootvlei Sport academy Pretoria waar hulle meegeding het teen ander skole se 1ste spanne. [ Lees meer . . . ]

 Noordvaal Top 16-Sewesrugby

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek te Pretoria aan die Noordvaal Sewesrugbykampioenskappe deelgeneem en puik presteer waar die O/15-sewesspan 7de en die O/17-sewesspan 11de geëindig het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies is 7’s rugby Limpopo-kampioene!

 03 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek in Polokwane aan ‘n 7’s toernooi deelgeneem waar die O/15-span as Limpopo-kampioene gekroon is en die O/17-span 2de plek geëindig het. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster eerste span deur na die Virseker Beker finale

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Drie van die Hoërskool Ben Vorster se rugbyspanne het die afgelope naweek, 11 Augustus 2018, in die semifinale van die Virskeker Beker se afdeling 1-skild gespeel. Die O/14- en O/15-spanne het in Pretoria teen onderskeidelik Hoërskool Florida en Hoërskool Lichtenburg te staan gekom terwyl die eerste span op hul tuisveld teen Hoërskool Middelburg gespeel het. [ Lees meer . . . ]