Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Skoolprofiel

Die Hoërskool Ben Vorster is geleë in Tzaneen - ‘n subtropiese paradys in die hartjie van die Laeveld.
Met ‘n trotse tradisie, wat strek vanaf 1962, is hierdie parallelmedium skool, met ongeveer 900 leeders,
bekend as een van die beste skole in Limpopo.

Hier in Vossieland is ons een groot familie- waar ouers, leerders, personeel en bestuur saamtrek om seker te maak
dat elke Vossie die ruimte en ondersteuning ontvang wat hy/sy nodig het om sy/haar toekomsdrome te verwesenlik.

Ons akademiese-, sport- en kultuurprestasies spreek van self en ons nooi u hartlik uit om meer hieroor uit te vind
en vir u self te beleef deur ons webblad te verken.

Om te presteer, is goed en lekker, maar vir ons is dit belangriker dat elke leerder gelei word om sy/haar volle potensiaal
te bereik en uit te leef. Ons maak seker dat ons leerkragte en afrigters van uitstekende kaliber aanstel en dat hulle die
onderrig, opvoeding en ontwikkeling,van die kinders in hulle sorg, as hulle Godgegewe roeping sien.
Alles wat ons aanpak, doen ons dan met volle oorgawe en in nederige afhanklikheid van ons Skepper.