Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Skyfskiet

Jy moet bo-gemiddelde konsentrasievermoë en senuwees van staal hê om ‘n kampioenskut te wees. By die Hoërskool Ben Vorster kan jy hierdie vaardighede aanleer waarby jy jou hele lewe lank sal baatvind. Skyfskietgewere gebruik saamgeperste lug, nie lewendige ammunisie nie, maar ons skuts word nogtans geleer om die beginsels van wapenveiligheid streng toe te pas. Die afrigter is ten tye van oefening te alle tye teenwoordig. Ons skyfskietbaan is elke weeksmiddag oop vir oefening.

Die Vossie skuts presteer jaarliks uitstekend op provinsiale en nasionale vlak. In 2015 het ons 22 Limpopo skuts opgelewer waarvan 13 skuts gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Vier het hulle SA-kleure verwerf en saam met die SA-skolespan na Engeland getoer.

 

Afrigter

Me Anél Griesel, eertydse afrigter van die nasionale skolespan.

 

Affiliasies

 Die skool se skyfskietklub skiet onder die ‘International Shooting Standard Federation’. Dit beteken dat ons skuts by die Olimpiese spele kan gaan skiet indien hulle daarvoor kwalifiseer.

Die skool is ook geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Skole Skutters organisasie.

 

Fasiliteite

‘n Binnenshuise skyfskietbaan met agt bane en MPR & CZ-luggewere word gebruik. Slegs platpunt ammunisie word toegelaat.

 

 

 Nuus:

 Vossies vol vuur op SA’s

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Vossies was soos oudergewoonte op hul beste by die Suid-Afrikaanse skyfskiet-kampioenskappe in Newcastle, wat van 29 September tot 5 Oktober, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Skyfskiet by Limpopo Kampioenskappe

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Die skyfskietjaar is besig om tot ‘n einde te kom en die provisiale hoogtepunt het op 18 Augsutus plaasgevind met die Limpopo Kampioenskappe wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. [ Lees meer . . . ]

 Maryke verower bronsmedalje vir skyfskiet in Engeland

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Maryke Basson is Hoërskool Ben Vorster se skut wat saam met die SA-Skole Skyfskietspan in Bisley (Engeland), vanaf 30 Julie tot 14 Augustus 2018, gaan deelneem het. [ Lees meer . . . ]

 Maryke Basson haal SA-skolespan in skyfskiet

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Hano Sliep en Maryke Basson, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, is genooi om aan die Suid-Afrikaanse skyfskietspan-proewe deel te neem, wat in Bloemfontein, van 12-14 April plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts presteer!

 13 Mar 2018 @ 07:58:52

Die afgelope Saterdag, 10 Maart, het die Hoërskool Ben Vorster aan die Rhino-kompetisie te Mokopane saam met MEA, Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Piet Potgieter deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Suid-Afrikaanse Skyfskietkampioenskappe!

 17 Oct 2017 @ 13:45:19

Vier leerders van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope vakansie Limpopo by die Suid-Afrikaanse skyfskietkampioenskappe verteenwoordig. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-fynskuts laat die medaljes inrol!

 15 Aug 2017 @ 11:37:50

Die Vossies het weereens hul staal gewys in die afgelope naweek se Limpopo skyfskietkampioenskappe. Hulle het ses goue-, ‘n silwer- en vier bronsmedaljes verower. [ Lees meer . . . ]

 Maryke Basson mis net-net uit op plek in SA-skyfskietspan!

 21 Apr 2017 @ 11:53:45

Maryke Basson, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het die naweek van 1 April 2017 aan die SA-skole skyfskietproewe deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie genooi na SA-skietspanproewe!

 27 Mar 2017 @ 14:26:34

Maryke Basson, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is genooi om deel te neem aan die proewe vir die SA-skolespan, wat later vanjaar in die VSA gaan skiet. Die proewe vind eerskomende naweek in Florida, Johannesburg plaas. Die Vossies is trots op Maryke en wens haar sterkte toe! [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by Rhino skietkompetisie!

 27 Mar 2017 @ 13:59:52

Die afgelope naweek het die Hoërskool Ben Vorster se skietspan aan die Rhino kompetisie, te Mokopane, teen vyf ander skole deelgeneem. [ Lees meer . . . ]