Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Tennis

Ben Vorster het agt tennisspanne - vier seunspanne en vier meisespanne. Ons tennisspanne eindig gereeld tweede in die Limpopo-Noord liga. Die streekliga vind in die tweede kwartaal plaas en al die wedstryde word oor een of twee dae gespeel. Verder gee vriendskaplike wedstryde in die derde en vierde kwartaal  ons spelers die geleentheid om hulle kragte te meet teen spelers in ander skole. Die eerste spanne neem ook elke jaar deel aan die Sun-City tennistoernooi  in Augustus. Ons eerste meisies het in 2015 algeheel derde geëindig in die toernooi.

Die tennisbane is tot die beskikking van spelers wat wil oefen en privaatlesse word ook aangebied by die skool se bane.

 

Fasiliteite

Twee tennisbane

 

Organiseerder

Ankia Botha
083 252 4864

 Nuus:

 Ben Vorster se 1ste meisietennisspan is 2019-Limpopo Wenners

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 17 Julie 2019, het die Vossies se 1ste meisietennisspan in Polokwane teen Hoërskool Nylstroom uitgespeel en as Limpopo Wenners uit die stryd getree. [ Lees meer . . . ]

 1ste Meisietennisspan gekroon as wenners!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se tennisspelers het op 6 Maart 2019 aan die Limpopo Noordstreek tennisliga deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Twee Vossies verkies tot Limpopo tennisspan

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Op 2 en 3 Desember 2018 het die laaste Limpopo tenniskampioenskappe in Polokwane plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-tennis vir 2018 is goed op dreef!

 29 Jan 2018 @ 14:52:29

Die tennis-daagwedstryde begin in Februarie waarvolgens spanne (seuns en meisies) saamgestel gaan word. [ Lees meer . . . ]

 Vierde plek vir Vossies by Sun City-tennistoernooi!

 22 Aug 2017 @ 11:42:49

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste meisiestennisspan het ‘n vierde plek in die jaarlikse Sun City-tennistoernooi vir hoërskole verower. Agt skole het aan die rondomtalie-toernooi, wat vanaf 11 tot 14 Augustus gestrek het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie tennis vaar goed!

 21 Apr 2017 @ 12:17:33

Drie leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster se tennisspan: Christine Kruger, Nicole Fourie en Louise Snyman, het vanaf 11 tot 16 April in Bloemfontein aan die nasionale tenniskampioenskappe gaan deelneem. Christine het 22ste in haar groep geëindig. Baie geluk aan hierdie tennisspelers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies geniet hulle tennis!

 22 Mar 2017 @ 13:20:10

Die Vossies se vier tennisspanne het op 15 Maart, te Polokwane aan die Noordstreek tenniskampioenskap deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Twee Vossies deur na nasionale tenniskampioenskappe!

 07 Mar 2017 @ 14:24:27

Nicole Fourie en Christine Kruger, van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies om aan die nasionale tenniskampioenskappe, deel te neem. Dit vind vanaf 11 tot 16 April in Bloemfontein plaas. Baie geluk meisies! [ Lees meer . . . ]

 Vossie-tennis presteer by Sun City toernooi!

 15 Aug 2016 @ 10:03:50

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste dogterstennisspan het vierde in die Sun City teninistoernooi geeïnding, maar was die 3de beste skool by die toernooi. Rhenish High, met spelers wat hoog op die nasionale tennisranglys gelys is, het twee spanne ingeskryf wat onderskeidelik eerste en tweedeplek verower het. Hoërskool Volkskool Heidelbergs se span het derde gelê. [ Lees meer . . . ]

 Vossie vaar baie goed tydens Interprovinsiale tennistoernooi!

 08 Aug 2016 @ 09:07:36

Op 30 Julie 2016 het drie tennisspeelsters van die Hoërskool Ben Vorster - Christene Kruger, Nicole Fourie en Christelle Smit, aan die Interprovinsiale tennistoernooi te Johannesburg deelgeneem. Hulle het in hul onderskeie spanne Limpopo verteenwoordig en baie goed gevaar. [ Lees meer . . . ]