Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Toekie Vorster

Ons pragtige Toekie Vorster dameskoshuis is soos ‘n tweede huis vir ons koshuismeisies.
Hier kan hulle, onder die wakende oog van die koshuismoeder en haar personeel, hulle toewy aan
hulle studies en binne die riglyne van die koshuis hulle tienerjare geniet. Die geluk maar ook die
veiligheid van ons meisies lë vir ons koshuismoeder en haar personeel na aan die hart.

Die koshuis plaas inwoners binne loopafstand van naskoolaktiwiteite en bied heerlike en gesonde etes aan.
Meisies word in ruim kamers gehuisves en studeer onder die toesig van personeel wat in die koshuis bly.

Vir ons meisies is die kameradie en lewenslange vriendskapsbande wat gesmee word een van
die lekkerste dinge van koshuislewe.

 

Kontakbesonderhede


Koshuismoeder: Ané Simpson 082 343 5807