Toekie Vorster - Algemeen
Kloktye
05:35 Wakker word
05:45 Opstaan
05:50 Stilte
06:00 Inspeksie
06:10 Ontbyt
13:32 Middagete
17:10 Aandete
19:00 Studie
20:00 Pouse
20:05 Studie
21:00 Studie klaar
21:30 Stilte
22:00 Ligte uit
Top 10 benodighede
Jou Bybel
Lekkergoed
Goeie gesindheid
Beddegoed
Pleisters
Selfoonlaaier
Handoek
Genoeg foontyd
Ons verskaf bed, matras en gordyne vir jou kamer
Opsioneel: Ketel, waaier, radio, gordyne, ens.
NB: Geen strykysters, verwarmers of broodroosters word toegelaat nie
Die Reëls
- Die koshuis sluit Vrydae 14:00 en maak Maandagoggend 6 uur oop, behalwe vir sportnaweke; dan sluit die koshuis na die sport.
- Jy moet 6 uur reg wees vir inspeksie.
- Wanneer dit stilte is moet jy in jou kamer wees met jou deur oop.
- Jy moet altyd by etes wees.
- Woensdae is dorpsdae, tensy anders gereël.
- Geen selfone in studie nie.
- As jy vir kamerstudie kwalifiseer, moet jou deur tydens studie oop wees.
- Jy mag nie in skooltyd in die koshuis wees sonder ‘n briefie nie.
- GEEN dorpsleerlinge in die koshuis nie.
- Welkom om eie klein yskassie en waaier te bring.
Jy kwalifiseer vir kamerstudie indien jou kwartaalgemiddeld by Ben Vorster ten minste die voldende is:
Gr 8 : 80% (Eers van tweede kwartaal af)
Gr 9 : 75%
Gr10 : 70%
Gr11 : 65%
Gr12 : Almal
Nuus:
Die Trolle vind 'n tuiste in die Toekie-harte! |
16 Feb 2018 @ 07:44:10 |
---|---|
Die Toekie-familie se harte loop oor van trots. Ons spog met 15 nuwe skiewies wat al die elemente van n hoërskoolkoshuis kon aandurf en baasraak. [ Lees meer . . . ] |