Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Kaleidoskoopland - Upstage

 

Kultuurweek

Elke jaar hou die Vossies ‘n kultuurweek waartydens ons ‘n spesifieke nie-winsgewende organisasie bystaan.  Ons het in 2015 vir die eerste keer ‘n kultuurweek aangebied waar ons die DBV as ons kultuurprojek gehelp het.  Kos, komberse en ander artikels is bymekaar gemaak en geld is in ingesamel vir die DBV. Leerlinge het ook die DBV se terrein gaan skoonmaak en met die diere gespeel. In 2016 is daar 'n konsert en veiling gehou ten bate van die Tzaneen Kanker Sentrum.

 

Limpopo sêr

Ben Vorster is die stigter en gasheer van die jaarlikse Limpopo sêr-kompetisie.  Met die eerste kompetisie in  2015 het 4 skole deelgeneem. In 2017 verwag ons sewe inskrywings. Onafhanklike, beoordelaars wat elkeen 'n kenner op sy of haar gebied is word uitgenooi om die kompetisie te beoordeel.

 

Edge

Edge is die VOSSIES se band.  Edge bestaan al 4 jaar  en ons het al op verskeie verhoë opgetree.  Ons hou elke jaar oudisies en enige iemand wat dink dat hy/sy in die band hoort, is welkom om ‘n oudisie te kom aflê.

 

Vossie Foxies

Ons cheerleaders, die Vossie Foxies, tree by elke sportgeleentheid op.

 Nuus:

 Vossie-kultuur blink uit by Letaba skou!

 15 Aug 2016 @ 10:44:15

Die onlangse Letaba skou het oudergewoonte die kollig op plaaslike talent laar val en die Vossies het die beste van hierdie geleentheid gemaak. [ Lees meer . . . ]

 Goeie medalje vir vuurdanse

 08 Apr 2016 @ 09:00:28

Skye Zatschkowitsch het die goeie medalje vir vuurdanse gedurende die SA-Kampioenskappe verower. [ Lees meer . . . ]

 SA Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste – finale rondte

 04 Apr 2016 @ 14:17:07

Hanco van der Merwe, het aan ‘n SA-Uitvoerende Kunste kompetisie deelgeneem en het deurgedring na die finale rondte wat in Orlando aan die einde van Junie 2016 gehou gaan word. [ Lees meer . . . ]