Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Vossies in Beeld

 

Kliek die onderstaande skakel vir 'n video van Vossies in kleur!

https://www.youtube.com/watch?v=A-Cay2kbYp4

 Nuus:

 Vossies durf die Uniwisp Predator Dash 2018 aan

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het aan die 2018-Uniwisp Predator Dash, wat op Saterdag, 7 April by Letaba River Lodge gehou was, deelgeneem en het die dag baie geniet. [ Lees meer . . . ]

 Kleurvolle begin vir 2018!

 19 Feb 2018 @ 09:29:44

Die Hoërskool Ben Vorster het die nuwe skooljaar op ‘n hoë noot begin deur ‘n ‘colour fest’ op Donderdag, 16 Februarie, te hou. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies is met nog ‘n jaar geseën!

 05 Feb 2018 @ 10:42:18

Die Hoërskool Ben Vorster het op, 1 Februarie 2017, sy 56ste verjaardag gevier! Die leerlinge is met suiglekkers bederf terwyl hul die skool uitbundig toegejuig het. Baie geluk, Vossies! Mag daar nog vele mooi jare wees! [ Lees meer . . . ]

 Hekkieloop: Welkom nuwe Vossies!

 29 Jan 2018 @ 14:37:33

Die nuwe Vossies het op Vrydag, 26 Januarie, die Orde van die Buffel ontvang tydens die jaarlikse Hekkieloop-seremonie. [ Lees meer . . . ]

 Boomplantdag in Vossieland!

 29 Jan 2018 @ 14:27:20

Op Vrydag, 26 Januarie het die Hoërskool Ben Vorster weer hierdie jaar volgens 'n Vossie-tradisie, met die Graad 8's van 2018 'n boomplantdag gehou. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe Vossies vier hulle inlywing met Slip-en-slide-aksie!

 30 Jan 2017 @ 09:17:02

Met die Groentjie-konsert en oriënteringstydperk agter die rug, is die Graad’s Vrydag, 20 Januarie, amptelik ingelyf as volwaardige Vossies. [ Lees meer . . . ]

 Graad 8’s se nalatenskap afgeskop met Vossie boomplantdag!

 30 Jan 2017 @ 08:46:29

Graad 8’s van die Hoërskool Ben Vorster het op Vrydag, 20 Januarie, die jaarlikse tradisie waar elke klas ‘n boom plant gehuldig. Die bome simboliseer elke jaargroep se nalatenskap en hoe elke Vossies nadat hulle die skool verlaat het, nog steeds geanker bly in Vossieland. Hierdie jaar het die Graad 8’s broodbome geplant. Broodbome, met hulle langlewendheid, is ‘n besonder gepaste keuse vir die Vossie boomplantdag. Die Vossies bedank graag vir Wulveskop Estate vir die skenk van die bome. [ Lees meer . . . ]

 Vossie bloed red lewens!

 30 Jan 2017 @ 08:19:25

Die Vossies het op Woensdag, 25 Januarie 2017, die eerste bloedskenk-aksie van die jaar gehad. Die 50 eenhede bloed wat hulle geskenk het, kan die verskil tussen lewe en dood vir 150 pasiënte beteken. Die SANBS besoek die Vossies elke kwartaal. Hierdie jarelange samewerking bied aan die Vossies die geleentheid om ‘n bydrae tot die welstand van die samelewing te lewer. Die Hoërskool Ben Vorster besef dat die skool en die gemeenskap van Mopani op mekaar aangewese is en daarom doen ons graag ons de [ Lees meer . . . ]

 Hekkieloop: Welkom nuwe Vossies!

 24 Jan 2017 @ 11:31:26

Die nuwe Vossies het op Vrydag, 20 Januarie, die Orde van die Buffel ontvang tydens die jaarlikse Hekkieloop-serimonie. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe Vossies verwelkom!

 20 Jan 2017 @ 10:47:02

Saam met die nuwe skooljaar het die Vossies talle nuwe leerders en ouers ryker geword. Die hoërskool doen veral moeite om die graad 8’s, vir wie die skuif van die laerskool na hoërskool ‘n groot aanpassing is, te help om so gou as moontlik tuis te voel. [ Lees meer . . . ]