top of page
HBV Temp Logo 1.png

Die Hoërskool Ben Vorster

Mobile Phone

GEDRAGSKODE  |  CODE OF CONDUCT

SOSIALE MEDIA

Riglyne vir die algemene hantering van sosiale media:

  • Respekteer altyd ander se gevoelens, trots, privaatheid en belange en wees bedagsaam.

  • Wees verantwoordelik – alles wat op sosiale media geplaas word, laat ʼn voetspoor wat nie uitgewis kan word nie en dit  kan lei tot latere reperkussies.

  • Respekteer die skool se identiteit (brand), naam, wapen en uniform. Indien enige party met die skool verbind kan word, moet plasings, waarmee enige negatiewe konnotasie gemaak kan word, vermy word.

  • In die geval van ongelukkighede of probleme - probeer altyd eers die beproefde en direkte manier van kommunikasie – PRAAT EN VOLG DIE REGTE KANALE!

  • Wanneer jy van iemand anders verskil, hou alle opmerkings en kritiek opbouend en professioneel.

  • Foto’s, waarop die skooluniform, -wapen of die skool se naam sigbaar is, moet die skool se etos en waardes weerspieël en uitbou.

  • Onwelvoeglike boodskappe, wat deur sinspeling die skool, leerders of personeel in ʼn slegte lig stel, is nie aanvaarbaar nie en moet dadelik aangemeld word.

  • Oortreding van die POPIA-wet is ’n kriminele oortreding.

SOCIAL MEDIA

General guidelines when dealing with social media:

  • Always respect others’ feelings, pride, privacy, and concerns. Be considerate.

  • Be responsible – everything placed on social media is a footprint which cannot be erased and could lead to later repercussions.

  • Respect the school identity (brand), name, badge, and uniform.  Should there be a link between any party and the school, any and all entries which could have a negative connotation must be avoided.

  • In the event of dissatisfaction or problems, always communicate in the proven direct manner and not via social media.

  • If you differ in opinion with someone, keep any remarks and criticism uplifting and professional.

  • Photos on which the school uniform, badge or school’s name is visible, must always reflect the school’s ethos and values.

  • Any message which alludes to the school, learners or staff in a negative light, is unacceptable.

  • Breaching the POPI Act is a criminal offence.

KUBERBOELIES

  • Die skool as entiteit duld nie boelies nie. Leerders wat hulle aan enige vorm van boelie skuldig maak, sal volgens die skool se gedragskode hanteer word.

  • Geen e-posse, plasings en opmerkings op enige sosiale media platform, wat ten koste van ander uitgestuur word, ander in ʼn slegte lig stel of die skool se naam of etos aantas, kán en sál nie geduld word nie.

CYBER BULLYING

  • The school as an entity does not tolerate bullying.  Learners who are guilty of any form of bullying will be subject to the school’s code of conduct. 

  • Any negative email, placing or remark on any social media platform which is sent at the expense of another; or places anyone in a negative light; or is levelled at the school’s name or ethos is totally unacceptable. 

VOSSIE WHATSAPP-GROEPE ETIKET

Ons het die afgelope jaar eers verstaan hoe vinnig en onteenseglik dinge kan verander!
‘n Jaar gelede was dit ondenkbaar om werk vir leerders op ‘n WhatsApp te stuur. Nou is dit soms ons enigste uitweg, en is ons stadig maar seker besig om by hierdie vreemde omstandighede aan te pas.

Whatsapp veroorsaak ook ‘n paar probleme. Aangesien Whatsapp eintlik ‘n informele kommunikasieplatform is en toeganklik vir ons almal is, maak dit ook die deur oop vir klein jakkalsies wat gretig aan ons privaatheid knaag!

Wanneer ons Whatsapp-groepe stig met die uitsluitlike doel om skoolwerk en sake met leerders te kommunikeer, moet dit gesien word soos ‘n klaskamer in die kuberruim. Daarom is grense en reëls belangrik. Baie daarvan, wat in ‘n gewone klaskamer sou geld, moet op ‘n “Whatsapp-klas” ook van toepassing wees. Byna die hele wêreld het onlangs in opstand gekom teen Whatsapp se privaatheidsbeleid en daarmee ewe oprukkerig Whatsapp verlaat vir erger, pseudo (valse) groener weivelde.

 

Daarom sal almal die volgende verstaan:

  • Gewone skool- / kantoorure geld. M.a.w. - jy kan nie die onderwyser/leerder enige tyd van die dag, nag, naweke of vakansiedae pla nie. As jy ‘n opdrag kry, kyk so gou moontlik daarna sodat jy vrae kan vra. Geen boodskappe voor 6:00 of na 20:00 nie.

  • Aanspreekvorm is baie belangrik. Jou maats kan “Hi” wees, maar jou onderwyser is dieselfde persoon wat jy in die klaskamer sou groet. Doen dit dus met goeie manière, grasie en respek.

  • Geen gesprekke kan op groepe plaasvind nie. Sulke insidente dwing onderwysers om leerders toegang tot interaksie op die groep in te perk. Jy kan ook nie jou griewe lug en jou maats slegsê nie. 

  • Omdat jou vryheid op die groep beperk word, dink jy jy, kan maar die onderwyser op sy persoonlike nommer verras met jou vindingrykheid! Néé! Jy kan nie onderwysers lukraak pla nie. Onthou hulle het gesinne wat ook tyd vra.

  • Geen persoonlike advertensies mag geplaas word nie.

  • Jy kan nie op groepe kerm en kla nie. 

  • Jy kan nie grappies ens. aanstuur nie. Ook nie promosies en sogenaamde spesiale aanbiedinge van winkels wat verjaar nie.

  • Geen kettingbriewe.

  • Moet asb. nie elke keer antwoord met emoji’s, dankies of ander aanmerkings / opmerkings nie. Dit gebruik almal se data en geduld op.
     

Die groepe is daar vir:

  • Inligting oor take, skoolwerk, toetse en so meer.

  • Jy is welkom om die groep te verlaat, maar kan nie elke tweede dag vra om weer op die groep gevoeg te word nie.

  • Elke “Admin” op ‘n groep is wettig verantwoordelik vir wat op die groep gebeur. Dit is dus ‘n verantwoordelikheid.

  • Jou teenwoordigheid op ‘n groep bind jou automaties aan die reëls en regulasies.

VOSSIE WHATSAPP-GROUPS ETIQUETTE

During the last year we have come to understand how fast and how irrevocably things can change!  Two years ago, it was unheard of to send work to learners via WhatsApp. Now it is sometimes our only choice. We are slowly but surely busy adapting to these new circumstances. 

 

WhatsApp also causes some problems. As WhatsApp is an informal communication platform and accessible to us all, it also opens the door to that which would disrupt our privacy!

 

When we create groups on WhatsApp with the sole purpose of communicating schoolwork and school business to the learners, this should be seen as a classroom in cyberspace. For this reason, boundaries and rules are important. Much of that which is expected in a classroom must also be applicable in the “WhatsApp class”. Recently nearly the whole world was opposed to the WhatsApp privacy policy and left the app for worse, pseudo greener pastures.

For this reason, all will understand the following:

  • Normal school/office hours apply. In other words, you cannot disturb the teacher at any time of the day or night, over weekends and holidays. If you get an assignment, look at it as soon as possible so that you can ask questions. No messages are allowed before 06.00 and after 20.00.

  • Form of address is very important. You can say ‘Hi’ to your friends, but the teacher is the same person whom you greet in the classroom. Greet with good manners, grace and respect.

  • No chats are allowed on these groups. Such incidents force the teacher to disallow access to learners on the group. You may not air your complaints and defame your peers or teachers.

  • If you do not have access to the group, you may not just surprise the teachers on their personal numbers. Remember that they also have families needing their time.

  • No personal advertisements.

  • You may not moan and complain on groups.

  • You may not forward jokes, special promotions of shops… etc.

  • No chain letters.

  • Please do not answer with emojis, thanks or any other remarks. It uses everyone’s data and patience.

 

The group is there for:

  • Information regarding assignments, schoolwork, tests and so on.

  • You are welcome to leave the group, but you may not ask to be added every couple of days.

  • Every “Admin” is legally responsible for what happens on the group. It is thus a responsibility.

  • Your presence on a group automatically binds you to the rules and regulations.

bottom of page