Die Hoërskool Ben Vorster
ONS GESKIEDENIS | OUR HISTORY
HISTORIESE OORSIG
HISTORICAL SYNOPSIS
Die Tzaneense Hoërskool (Ben Vorster) is op 30 Januarie 1962 geopen, maar die beplanning en voorbereidings wat hierdie dag voorafgegaan het, kan teruggevoer word tot 18 Mei 1951.
WAAR
Het Alles Begin
1951 – 1958
Die groei van Tzaneen en sy omgewing het die Departement uiteindelik daarvan oortuig dat ‘n tweede hoërskool ‘n werklike behoefte geword het. Mnr. B.J Vorster het hom ook daarvoor beywer dat ‘n tweede hoërskool opgerig moes word en na byna ses jaar se onderhandelings het die Departement aan die skoolraad kennis gegee dat ‘n hoërskool in Tzaneen opgerig sou word. Deur die bemiddeling van mnr. Vorster het die Departement ook besluit dat die bou van die nuwe skool as ‘n voorkeurdiens beskou sou word.
24 Februarie 1958
Die skoolgrond word aangekoop.
27 Januarie 1960
Argitekte besoek die skoolterrein, kontoere word opgemeet en planne word opgestel vir die skool en koshuise.
15 Februarie 1960
Die nuwe skoolgrond word in die naam van die Departement geregistreer.
29 Januarie 1962
Die skoolgebou kon betrek word – die meisieskoshuis sou ‘n paar maande later gereed wees en die seunskoshuis teen die begin van 1963. Die skool staan ook nou bekend as: Die Tzaneense Hoërskool.
8 Februarie 1962
Die eerste skoolkomitee vergader. Die leuse: Stryd tot oorwinning word aanvaar.
Die stryd is later na stry verander.
15 Mei 1962
129 dogters betrek die nuwe meisieskoshuis - Toekie Vorster.
25 Mei 1962
Die saal word in gebruik geneem.
4 Junie 1962
Die sportterreine word ontwikkel.
15 Augustus 1962
Mnr. H.J. Kriek word aangestel as eerste permanente hoof – diensaanvaarding 1 Januarie 1963.
28 September 1962
Onthulling van die steen deur Sy Edele mnr. F.H. Odendaal, Administrateur van Transvaal, vind plaas.
14 Januarie 1963
Die Tzaneense Hoërskool verander na Die Hoërskool Ben Vorster.
28 Januarie 1963
Vyfster Seunskoshuis open.
Tzaneense Hoërskool (Ben Vorster) opened on 30 January 1962, but the planning and preparation which led to this day can be carried back to 18 May 1951.
WHERE
Everything Started
1951 – 1958
The growth of Tzaneen and vicinity eventually convinced the Department that a second high school had become a necessity. Mr B J Vorster was a driving force in ensuring that a second high school was built. After approximately six years of negotiation, the Departement conceded and advised the school council that a high school would be built in Tzaneen. Through the mediation of Mr Vorster, the Department also decided that the building of the school would enjoy preferential attention.
24 Februarie 1958
The school grounds are purchased.
27 Januarie 1960
Architects visit the school site, offices are measured-up and plans drawn for the school and hostels.
15 Februarie 1960
The new school grounds are registered in the name of the Departement.
29 Januarie 1962
The school building is available for occupation – the girls’ hostel would be ready a few months later and the boys’ hostel at the beginning of 1963. The school is known as: “Die Tzaneense Hoërskool”.
8 Februarie 1962
The first school committee meeting is held. The motto: Stryd tot oorwinning is accepted.
The word stryd later changes to stry.
15 Mei 1962
129 girls move into the new girls’ hostel - Toekie Vorster.
25 Mei 1962
The school hall is inaugurated.
4 Junie 1962
The sports grounds are developed.
15 Augustus 1962
Mr H J Kriek is appointed as first permanent principal – with effect from 1 January 1963.
28 September 1962
Unveiling of the stone by His Honour Mr F H Odendaal, Administrator of the Transvaal.
14 Januarie 1963
The name Tzaneense Hoërskool changes to Die Hoërskool Ben Vorster.
28 Januarie 1963
Vyfster Boys’ Hostel opens.