Die Hoërskool Ben Vorster
ONS SKOOL | OUR SCHOOL
VOSSIELAND
Die Hoërskool Ben Vorster het Christelike waardes as sy hoeksteen en bied kwaliteit onderwys op gelyke voet met die moderne wêreld. Ons poog om individue ten volle toe te rus met unieke kennis en waardes om elkeen in staat te stel om 'n positiewe bydrae te maak, met selfvertroue, in 'n uitdagende en veranderende samelewing.
Ons is trots op Vossieland: Die Buffel, en ons leuse – "Stry tot oorwinning".
Hier by Vossieland kan jy jou toekoms vorm deur in te skakel op geestelike, akademiese, sport, kultuur en sosiale gebiede. Ons help jou om te leef en jou volle potensiaal te bereik en 'n groot sukses te maak. Word deel van die Vossie-familie en ervaar die unieke gees en ondersteuning wat jou vir die res van jou lewe sal bybly!
VOSSIE LAND
Hoërskool Ben Vorster has Christian values as its cornerstone, and provides quality education on par with any in the modern world. We aim to equip individuals fully with unique knowledge and values to enable each one to make a positive contribution, with confidence, in a challenging and changing society.
We are proud of Vossie Land: The Buffalo, the School Emblem and our motto – “Strive towards victory”.
Here at Vossie Land you can shape your future by homing in on spiritual, academic, sport, culture and social areas. We help you live and reach and make a great success of your full potential. Become part of the Vossie family and experience the unique spirit and support which will stay with you for the rest of your life!
BOODSKAP VAN DIE HOOF
Die spoor van die buffel
Die oppervlak van die watergat glinster aanloklik in die namiddagsonnetjie en stadig nader ‘n trop buffels hierdie lafenis. Hulle is versigtig, want oorgerustheid het al baie diere hulle lewe gekos in hierdie ongenaakbare Afrika landskap. Alles lyk egter rustig en die eerste Buffels bereik die water sonder voorval. Tussen hulle is ‘n kalfie wat opgewonde sy kop in die lug pluk asof die wêreld aan hom behoort – die gevare wat hulle permanent omring is nog nie deel van sy verwysingsraamwerk nie. Miskien is dit juis hierdie oorgerustheid wat oorspoel na die res van die trop, want nie een van hulle sien die turende geel oë wat tussen die doringbos deur na hulle staar nie.
Toe die eerste buffel sy kop laat saak om die louwarm lafenis op te slurp, kry die doringbos skuins agter die trop ewe skielik lewe. Die trop herken die geluid en soos een man vlieg hulle om en hardloop in die teenoorgestelde rigting. Die kalfie hardloop ook verward saam, maar sy gebrek aan ervaring wys onmiddellik. Hy hardloop langs die watermassa af en dit is fataal. Eerstens is die grond sagter en dit belemmer sy spoed. Tweedens isoleer sy roete hom van die res van die trop – juis dít waarin die krag van die buffel lê.
Die leeus verskuif onmiddellik hulle fokus na die kalfie en binne oomblikke bereik hulle hom. In ‘n deurmekaarspul van stof, bene, hare en wat nog, trek hulle hom plat. Sy agterlyf beland met ‘n plas in die water en soos blits gryp een wyfie hom aan die keel. Twee ander kry ook bytplek en vir ‘n oomblik staan tyd stil. Die trop het intussen tot stilstand gekom en staar met uitdrukkinglose oë na die spektakel voor hulle. Die enigste beweging wat vir ‘n oomblik die dorre landskap versteur is die kalfie se jong lyf wat smagtend asem intrek en roggelend uitblaas.
Asof hierdie stryd om oorlewing nie genoeg is nie, gryp ‘n plat ongedierte ewe skielik vanuit die vlak water doelgerig die een agterbeen van die kalfie. Met mening probeer die krokodil die kalfie uit die doodsgreep van die leeus loskry, maar so maklik gaan hulle nie hulle middagete prysgee nie. Die lyf van die kalfie verleng merkbaar soos hy in twee verskillende rigtings getrek word. Dit is ‘n hartverskeurende gesig en ‘n maling ontstaan onder die trop buffels. Asof die gesig een te veel is, storm een bul doelgerig vorentoe en stop in ‘n stofwolk voor die leeus. Hulle skrik en verslap hulle greep op die kalfie. Die krokodil gebruik sy kans en hy wen weer veld. Die leeus los egter nie hulle prooi nie en trek weer met mening in die teenoorgestelde rigting. Intussen het die brawe bul omgedraai en hom weer by die trop aangesluit. Sy aksie het egter die trop aangevuur en die maling onder hulle neem toe in intensiteit.
Ewe skielik verloor die krokodil sy greep op die kalfie en die leeus sleep hom halfpad teen die wal uit. Die kalfie probeer regop spartel, maar die gewig van die leeus is te veel vir sy jong liggaam. Terwyl die leeus hom met hernude mening platdruk begin sy roggelende oorlewingstryd weer van voor af. Die toneel voor hulle raak te veel vir die trop en drie ander buffels storm vorentoe. Twee van die leeus spring terug om die dodelike horings te mis, maar die leeu, wat die kalfie aan die keel beet het, klou vir al wat sy werd is. Haar ore is platgetrek en sy grom gevaarlik terwyl haar tande diep in die keel van die kalfie ingeslaan bly. Nog buffels storm vorentoe en binne oomblikke vorm hulle ‘n halfmaan voor die leeus en die spartelende kalfie. Een buffel storm weer vorentoe en hierdie keer is een van die leeus te stadig. Sonder seremonie skep die buffel haar gespierde lyf op en slinger haar die lug in. Haar lyf maak twee sierlike draaie in die lug voordat sy atleties weer op haar pote beland. Hierdie aanval op haar is egter te veel en sy hardloop verskrik weg. Die ander leeus volg haar behalwe die een wat die kalfie aan die keel beet het.
Sy grom steeds verwoed, maar baie gou besef sy dat sy alleen staan teen ‘n trop verwoede buffels. Met haar ore steeds platgetrek, los sy die kalfie en hy strompel verward orent. Onmiddellik storm die buffels vorentoe om te keer dat sy nie weer op hom toesak nie. Haar fut is egter uit en sy hardloop agter die res van haar trop aan. Een buffel volg haar vir ‘n oomblik, maar daar is iets anders aan sy houding. Sy kop is trots in die lug en sigbare asemwolke borrel by sy neus uit. Die boodskap van oorwinning is duidelik – Ons sal nooit gaan lê nie. Ons sal nooit opgee nie. Dink volgende keer twee keer.
Kopomhoog draai hy om en die leeus staar hom agterna. Selfs sy spoor lyk ewe skielik anders – so asof die aarde ook die oorwinning uitroep.
Een ding is verseker: Oorwinning kom alleen uit stryd…
Storie geleen uit die gebeurtenis bekend as The Battle of the Kruger.
Mnr. Jan van Staden
VOSSIES MET EEN VISIE...
Wees uniek in jou strewe om die beste jy te wees in ‘n omgee skoolgemeenskap.
VOSSIE MET EEN MISSIE...
Om ‘n unieke individu ten volle toe te rus met kennis, geestelike waardes en lewenswaardes om met selfvertroue, eerlikheid en verdraagsaamheid ‘n positiewe bydrae te lewer tot ‘n diverse en dinamiese samelewing.
VOSSIES WITH ONE VISION...
Be unique in your quest to be the best you in a caring school community.
VOSSIES WITH ONE MISSION...
To fully equip a unique individual with knowledge, spiritual and life values to make a positive contribution with self-confidence, honesty and tolerance to a diverse and dynamic society.
ONS WAARDES
-
Geloof
-
Respek
-
Ywer
-
Integriteit en eerlikheid
-
Lojaliteit
-
Omgee en verdraagsaamheid
-
Verantwoordelikheid
-
Vertroue
-
Regverdigheid
-
Deursettingsvermoë
OUR VALUES
-
Faith
-
Respect
-
Zeal
-
Integrity and honesty
-
Loyalty
-
Caring and tolerance
-
Responsibility
-
Confidence
-
Fairness
-
Perseverance
SKOOLWAPEN
Die Hoërskool Ben Vorster se skoolwapen is deur Hugo van Niekerk ontwerp. Vir die komposisie is simbole gebruik wat ons omgewing en skool se ideale so akkuraat moontlik na vore sou bring. Die drie koraal- of bergvlam blomme simboliseer die welige subtropiese plantegroei en natuurskoon van die Laeveld. Die Buffelkop simboliseer krag en moed. Krag is iets wat elkeen van ons moet hê om ‘n sukses van ons lewe en skoolloopbaan te maak en alles, wat ons doen, word met moed uitgevoer - sonder om terug te deins. 'n Lourier, wat oorwinning simboliseer, is in latere jare bygevoeg.
SCHOOL EMBLEM
Hoërskool Ben Vorster’s emblem was designed by Hugo van Niekerk. Symbols were used for the composition that would bring out our environment and school's ideals as accurately as possible. The three coral or mountain flame flowers symbolize the lush subtropical vegetation and natural beauty of the Lowveld. The Buffalo Head symbolizes strength and courage. Strength is something that each of us must have in order to make a success of our life and school career and everything we do is carried out with courage - without flinching. A laurel, symbolizing victory, was added in later years.
Skoollied / School Anthem
Trots is die skool wat uit die volksiel groei
Mooi is die leuse waaruit waarheid vloei
Faithfully we will stand by you
In gratitude for all you do
Leer ons om jou steeds werd te wees
Gee ook aan ons ‘n suiwer gees
May God direct the way we learn
And may his will be our concern
God seën ook so ons skoolbeleid
Oorwinning kom alleen uit stryd
Ben Vorster jou sweer ons getrou
Mag God ons daartoe trou behou