top of page
HBV Temp Logo 1.png

Die Hoërskool Ben Vorster

Vyfster seunskoshuis.jpg

KOSHUISE  |  HOSTELS

Ons koshuise bied aan leeders wat buite Tzaneen bly die geleentheid om deel van die Vossie-familie te wees. Vyfster seunskoshuis en Toekie Vorster dameskoshuis is op die skoolterrein geleë. Inwoners word in ruim kamers gehuisves en kry smaaklike etes wat sorg dat hulle nie te veel na hulle ma se kos hoef te verlang nie. Personeel wat in die koshuis bly is 24-uur beskikbaar en hou ‘n wakende ogie oor studies en die algemene welsyn van die seuns en meisies in hulle sorg. Die koshuise is slegs oop tydens die week maar indien sport oor ‘n naweek plaasvind kan individue 'n reëling tref vir naweek verblyf. Busvervoer vanaf naburige dorpe is beskikbaar.

Our hostels offer the experience of becoming part of the Vossie family to those living outside of Tzaneen. Vyfster Boys’ and Toekie Vorster Girls’ hostel are situated on the school terrain. Accommodation is available in spacious rooms, tasty meals are provided, and residents need not feel too far away from mom’s cooking. Resident personnel are available 24 hours a day and they keep a watchful eye on academics and the general welfare of the boys and girls in their care. Hostels are only open during the week, but should there be sport over a weekend, individuals may arrange for weekend accommodation. Bus transport is available from neighbouring towns.

TOEKIE VORSTER DAMESKOSHUIS

Ons pragtige Toekie Vorster dameskoshuis is soos ‘n tweede huis vir ons koshuismeisies. Hier kan hulle, onder die wakende oog van die koshuismoeder en haar personeel, hulle toewy aan hulle studies en binne die riglyne van die koshuis hulle tienerjare geniet. Die geluk, maar ook die veiligheid van ons meisies, lê vir ons koshuismoeder en haar personeel na aan die hart. Die koshuis plaas inwoners binne loopafstand van naskoolaktiwiteite en bied heerlike en gesonde etes aan. Meisies word in ruim kamers gehuisves en studeer onder die toesig van personeel wat in die koshuis bly. Vir ons meisies is die kameradie en lewenslange vriendskapsbande, wat gesmee word, een van die lekkerste dinge van koshuislewe.

TOEKIE VORSTER GIRLS‘ HOSTEL

Our lovely Toekie Vorster Girls’ Hostel is like a home from home for our hostel girls. Under the watchful eye of the hostel mother and her staff the girls can devote themselves to their studies and, within the guidelines of the hostel, enjoy their teenage years. The hostel staff is concerned with the happiness, but also the safety of our girls. Delicious, healthy meals are provided. Girls are accommodated in spacious rooms and study under invigilation by hostel personnel. Residents of the hostel are within walking distance of after-school activities. Our girls enjoy camaraderie and life-long friendships which are built up at Toekie Vorster.

VYFSTER SEUNSKOSHUIS

Vyfster seunskoshuis is die tuiste van ongeveer 120 Vossies. Onder die wakende oog van die koshuispa en vier inbly-onderwysers word die simboliek van die koshuis se vyf sterre: geloof, nederigheid, familie, geluk en dissipline, daagliks uitgeleef. Seuns word twee-twee of vier-vier in ruim kamers gehuisves. Heerlike ruim maaltye sorg dat ons groeiende seuns genoegsame energie het om heelhartig aan skoolaktiwiteite te kan deelneem. Gratis internet toegang en ruim studietyd verseker goeie akademiese resultate met koshuisseuns wat gereeld onder die skool se top 10-akademiese presteerders val. Verder word deelname aan sport- en kultuuraktiwiteite vergemaklik vanweë die plasing van die koshuis op die skoolterrein. Vyfster is vir ons seuns soos ‘n tweede huis. Die hegte vriendskapsbande wat in Vyfster gevorm word, hou ‘n leeftyd.

VYFSTER BOYS’ HOSTEL

Vyfster Boys’ Hostel is the home of approximately 120 Vossies. Under the watchful eye of the hostel father and his personnel, the symbols of the hostel’s five stars – faith, humility, family, happiness and discipline – are embraced daily. Boys are accommodated in pairs or in fours in spacious rooms. Delicious, healthy meals ensure that our growing boys have plenty of energy to participate in school activities. Study times ensure good academic results from hostel boys who are regularly found among the school’s top 10 academic achievers. Furthermore, participation in sport and culture activities are facilitated due to the hostel’s position on school grounds. Vyfster is like a home from home for our boys. The strong friendships formed at Vyfster can last a lifetime.

bottom of page